Gotell
GOTELL BYBELSTUDIE

DIE WOORD AS DIE WAARHEID

KORT SAMEVATTING

Na elke hoofstuk is daar Bybelstudievrae wat bespreek kan word.

INHOUD


HOOFSTUK 1 :

DIE SEWE VERBONDE:                                                             

Die Bybel meld van sewe verskillende verbonde wat God gesluit het.

Daar word by elkeen van hierdie verbonde stil gestaan. Dit is geestelik baie geseënd en verrykend. Ons lees profeties volgens Jeremia 31: 31 tot 34 oor die Nuwe Verbond in Jesus Christus. Dit staan ook bekend as die beter Verbond met beter beloftes. Wat is hierdie beloftes? Lees asseblief gerus meer in hierdie studiestuk oor dit .


HOOFSTUK 2 :

TEKENS VAN DIE VERBOND                                                   

Na ’n verbond gesluit is, is daar ’n teken of gedenkteken ter nagedagtenis van die verbond wat gesluit is, aangebring of opgerig. Hoekom? Daar is baie seën hierin opgesluit.


HOOFSTUK 3 :                                                                            

DIE ARK VAN DIE VERBOND

Die Bybel maak melding van drie Arke. Daar word dieper gedelf oor hierdie baie insiggewende onderwerp.


HOOFSTUK 4 :                                                                                

DIE SEËN OP ’N GODDELIK GEÏNSPIREERDE VERBOND.

Sigem en sy boom was bestem om 'n belangrike rol in God se verhouding met Abraham, Isak, Jakob en hul nageslag te speel. Groot en betekenisvolle lesse vir ons as kerk van Jesus Christus is hier te leer.



DIE VERBOND

VOLUME 2