Gotell
GOTELL BYBELSTUDIE

DIE WOORD AS DIE WAARHEID

chris.gotell@gmail.com


Cell 082-555-1946


www.gotell.co.za


KATALOGUS

C.R. MOSTERT

BESTELLINGS

Alleenlik vir sms’e na:

0825551946,  óf  chris.gotell@gmail.com


DIE BOEKE IS ELK IN A5 FORMAAT GEDRUK. ELKEEN BEVAT GEMIDDELD 40 BLADSYE EN MEER INLIGTING

BAIE BELANGRIK!

INDIEN DIE INHOUD IN DIE TIMES NEW ROMAN LETTERGROTE 16 GEDRUK IS, BEVAT DIT DIESELDE HOEVEELHEID BLADSYE AS IN ’N A 4 FORMAAT! DIE DRUK IS DUS KLEINER IN HIERDIE BETROKKE A5 FORMAAT. DIE GEVOLG IS DAT DIE INHOUD DUS MEER IS AS IN DIE NORMALE SKRIFGROTE VAN DIE GEMIDDELDE BOEK!  DIT IS VERSEKER LEESBAAR, EN U KRY MEER INLIGTING!

KOSTE

GEREGISTREERDE POSGELD VIR R.S.A. IS INGESLUIT!

x1 Eksemplaar: R55 + Gereg.Posgeld R35 (R.S.A.)  = Totaal R85.00

x2 Eksemplare: R110+ Gereg.Posgeld R35 (R.S.A.)= Totaal R145.00

x3 Eksemplare: R165+ Gereg.Posgeld R35 (R.S.A.)= Totaal R195.00

x7 Eksemplare: R385+ Gereg.Posgeld R50 (R.S.A.)= Totaal R435.00

x10 Eksemplare: R550+Gereg.Posgeld R50(R.S.A.)= Totaal R600.00


INSAKE DIE BETALING:

Indien u van die materiaal wil bestel, moet u asseblief dit vooruit betaal. Sodra die betrokke bedrag in die Skrywer se rekening betaal is, en hy dit ontvang het, sal die versending van u bestelling binne 3 werksdae vanaf Rustenburg R.S.A. Poskantoordienste versend word. U verwysingsnommer (Tracking Number) word d.m.v. ’n sms aan u gestuur. Dus, daarvoor word ook u selfoonnommer, indien bestellings geplaas word, benodig. Dit dien ook as ’n bewys ter bevestiging dat u ook ’n bestelling geplaas het. Laasgenoemde is baie belangrik!

Vir bestellings is my eposadres:

chris.gotell@gmail.com

Selfoonnommer vir sms:

0825551946

My webtuiste vir o.a. administratiewe reëlings is:

gotell.co.za

BAIE BELANGRIK:

Dit is uiters belangrik dat u voorletters en van  as verwysing tydens u betaling op die volgende staat van die skrywer se rekening  verskyn. Die tjekrekening is:

C.R.Mostert

ABSA

Tjekrekening nr. 1220562049

Takkode: 632005.

Ek vertrou dat u die betrokke Bybelstudiestukke baie insiggewend en geseënd sal vind.

Seënwense,

Chris Mostert.



BELANGRIK:

Vanweë die posgeld is dit beter om meer as een eksemplaar te koop!!


MOTIVERING VIR DIE OPSTEL VAN HIERDIE BYBELSTUDIE MATERIAAL

Hierdie Bybelstudiemateriaal is absoluut geskik om met ’n medegelowige of groepe te bespreek. Dit handel oor onderwerpe wat baie, baie aktueel is, en waaroor mense meer wil weet, en graag sinvolle gefundeerde inligting soek. Hou net in gedagte ons leef in die eeu van inligting, rekenaars, selfone, Facebook, Twitter ens. Mense wil weet en soek meer as om maar net vir ’n soekende siel te sê: ,,Ek weet self nie veel nie. Jy moet maar net glo”.

Baie jongmense kry nie sinvolle antwoorde by hul ouers of elders nie.

Vrae soos: Is die Bybel werklik outentiek – gesaghebbend, duik al meer en meer op. Ek het vir meer as 30 jaar sekere debatte in dagblaaie gevolg. Dit was opvallend hoe baie mense mekaar ook nie vind nie. Aan die eenkant was dit diegene wat twyfel oor die bestaan van ’n God, en dat die Bybel as die enigste geïnspireerde Woord van God is. Aan die anderkant was dit gewone Christengelowiges, geestelike leiers en teoloë wat antwoorde gee. Die negatiewe is dat baie van hierdie debatte tot hewige verskille gelei het, en na my persoonlike mening,  nog meer twyfel laat ontstaan het.

Dit het daartoe bygedra dat ek begin navorsing gedoen het of die Bybel, as Woord van God, antwoorde het op die mees algemene aktuele onderwerpe waarmee die moderne samelewing worstel, en selfs tot ernstige twyfel  oor die bestaan van God al dan nie, lei.    

Elke leser moet hierdie studiemateriaal net intellektueel eerlik, en objektief die inhoud bestudeer. Dit is dus nie net gerig aan Christengelowiges nie, maar ook diegene wat sekere dele in die Bybel bevraagteken en selfs twyfel oor die bestaan van God. Goddelike waarhede, soos vervat in die Bybel, is te fyn verweef aan mekaar om enigsins te aanvaar dat dit die produk van menslike inspirasie is. Subjektiewe redenasies oor die Woord lei tot pogings wat dien om te probeer bewys dat God nie bestaan nie!  

Ek begelei u om die polsende, lewende Woord van God, wat absoluut uniek is, te ontdek. Die doel van my navorsing is dan ook om  die breë Christen-gemeenskap te ondersteun met die kennis wat hulle soms in die alledaagse lewe nodig het om effektief te kan getuig.

Meer inligting is uiteraard vervat in hierdie Bybelstudie publikasies om te bewys dat die Bybel as Woord van God gesaghebbend is. In sekere gevalle moes bewyse vanuit die oorspronklike tale, waaruit die Bybel vertaal is, op ’n praktiese, eenvoudige bevestig word.

My bydrae is om skeppingswaarhede vanuit die Bybel te neem, en dit aan die lesers op ’n praktiese, eenvoudige manier te bevestig.  

Mag u dit interessant en insiggewend vind, en baie vrae met voldoende bewyse kan beantwoord. My gevolgtrekking is die Bybel is verseker outentiek, en die mees kosbare boek wat ’n mens in jou hande kan neem!

 Seënwense, Chris Mostert   


VOORWOORD

LEES ASSEBLIEF EERS DIE VOLGENDE VOORDAT U MEER BESONDERHEDE VAN ELKE BOEKIE NAGAAN!

DIE MOTIVERING VIR DIE SKRYWE VAN HIERDIE REEKS

Een les wat ek as leraar vir meer as 40 jaar geleer het, is dat Christene in die algemeen die gewone geestelike boodskappe so baie gehoor het, dat dit vir baie soos koue water op ’n dorstige siel is, om na gedeeltes van die Skrif te luister, wat selde behandel word!

Ons lees in Romeine 15: 4 tot 13 die volgende – lees dit asseblief aandagtig:  ,, Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik. Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God. En ek sê dat Jesus Christus ‘n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig;  en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is: Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing. En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met sy volk; en ook: Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke. En Jesaja sê ook: Die wortel van Isai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop. En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!”

Ons lees vir verdere bevestiging ook in 2Tim. 3: 16 tot 17: ,,Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

Afgesien van bogenoemde Skrifaanhalings lees ons vir verdere bevestiging ook in die Nuwe Testament dat die Bybel, as Woord van God, in die Ou Testament reeds profeties die Persoon en bediening van Jesus Christus bevestig:

Joh.5:36 tot 40 – ,,Maar Ek het ‘n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het. En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie. En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie. Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.

Joh. 5:45 tot 47 – ,,Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig—Moses op wie julle gehoop het. Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?”

JESUS SE BEVESTIGING TEENOOR DIE ÉMMAÜSGANGERS:

Lukas 24: 25 tot 27 – ,,En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.”

Lukas 24: 30 & 31 – ,,En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle. Toe is hulle oë geopen en   het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.”

Hier het ons dan ook die antwoord op die vraag waarom dit vir ons uiters noodsaaklik is om ’n deeglike studie van die Ou Testament te maak, en nie vir ons net by die Nuwe Testament te bepaal nie. God is ’n beloner van die wat Hom soek. Die Woord bevestig dit ook in Hebr.11: 6 – ,,En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.”

HOE VERKRY ONS HIERDIE GELOOF?

Die antwoord vind ons in Rom.10: 17 – ,, Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Dieper kennis van die Woord lei dus tot meer geloof, groter liefde en waardering vir die Woord, en vrugbaarder arbeid. Dit is dan ook o.a. die rede dat so baie kinders van die Here die dinge wat vantevore geskrywe is, verwaarloos, dat hulle nooit tot volwassenheid kan kom nie.

Kennis van die Nuwe Testament is nodig om die Oue te verstaan. ’n Bekeerde Jood het by ’n sekere geleentheid die volgende waarheid bevestig: ,,Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel. Wat beteken ’n slot sonder die sleutel, of andersom?” Dus, kennis van die Ou Testament is absoluut noodsaaklik om die Nuwe Testament reg te verstaan! Die twee vul mekaar aan, en vorm een volmaakte geheel. ’n Mens kan die eerste vyf boeke van die Bybel, bekend as die Pentateug, so stilweg amper die ,,Evangelie volgens Moses” noem!

Die doel van hierdie Bybelstudie is geensins om ’n breedvoerige en volledige uiteensetting en verklaring van al die fyn besonderhede van heilswaarhede te gee nie. Dit is eerder om die lig te laat val op die heerlike evangeliewaarhede wat dwarsdeur die Bybel as die enigste geïnspireerde Woord van God vir ons opgeteken staan, en ’n begeerte by die leser te wek om self meer aandag en tyd te wy aan die studie daarvan.

Een van die mees verstommende bewyse dat die Bybel outentiek is, is o.a. ook die geslagsregisters van Jesus Christus. Die profetiese boodskappe wat bv. in die geslagsregisters van Genesis 5, 10, 11, Mattheus 1, asook in Lukas 3 verskuil lê, bevestig dit. Ek het  elkeen van die 78 name nagegaan in die taal van sy oorsprong – Akadies, Ugarities; Oud-Arabies; Chaldees; Hebreeus en Grieks, om die betekenis van elkeen na te vors. As elkeen van die name in dieselfde volgorde vertaal en geskryf word, verwys dit na die belangrikste gebeure wat opgeteken is in die Bybel, asook die koms van die groot Messias, Jesus Christus!  Dit is profetiese boodskappe wat bevestig, en handel oor Jesus Christus se persoon en bediening. Dit het reeds  intussen in vervulling gegaan! Dit bewys net dat God direk by die skryf van die Bybel betrokke was. Dit gee ook ’n beter begrip aan die waarskuwing wat God in Mattheus 5:18 rig: ,,Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titeltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie”.

Daarbenewens, een van die belangrikste bewyse dat die Bybel outentiek is, is die Bybelprofesië wat eeue vóór die koms van Christus na die aarde, geprofeteer is. Dit bevestig o.a. die koms van Jesus Christus; uit watter nageslag; die plek van Sy geboorte; Sy geboorte uit ’n maagd; Sy bediening; hoedanige dood Hy sou sterf; Sy opstanding; Sy hemelvaart, en Sy wederkoms.  Almal het in vervulling gegaan, met uitsondering Sy wederkoms waarop die kerk wag. Dit is ook die enigste boek wat hierop aanspraak kan maak!

Mag u hierdie geestelike voeding baie geniet!

Seënwense, Chris Mostert.

   

,,The Bible is no mere book, but a Living Creature with a power that conquers all that oppose it.”

Napoleon Bonaparte

St. Helena – 1820.