Gotell
GOTELL BYBELSTUDIE

DIE WOORD AS DIE WAARHEID

INHOUD

KORT SAMEVATTING OOR ELKE HOOFSTUK

Na elke hoofstuk is daar Bybelstudievrae wat bespreek kan word.


HOOFSTUK 1:

JESUS CHRISTUS IN GENESIS 1:1 TOT 3.                          

Jesus Christus was reeds voor die skepping daar. Die volgende Skrifgedeeltes bevestiging dit:

2Kor.4:6 – ,,Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus”.

Joh. 1:3  ,,Alle dinge het deur Hom(Jesus Christus as die Woord) ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie”.

Daar word ook dieper in die heel eerste Hebreeuse woord in Genesis 1: 1 wat vertaal word as ,,In die begin…”, gedelf. Hierdie studie laat mens met ekstra waardering na die Bybel as die enigste geïnspireerde woord van God, kyk. Dit is baie insiggewend en geestelik verrykkend.

Baie vrae oor die skeppingsverhaal volgens Genesis 1 en 2 word met feitelike inligting beantwoord.


HOOFSTUK 2:

DIE HERSKEPPING.                                                                

Die volgende Skrifgedeelte word in diepte bestudeer, nl. Genesis 1:2 – ,,En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.”  


HOOFSTUK 3:

,,..EN DIE GEES VAN GOD HET GESWEEF…”(Gen.1:2).

In hierdie hoofstuk word ’n groot deel by die skeppingsverhaal stil gestaan. Baie interessante eksegese en inligting word gedeel. Die vraag waarom word daar by twee geleenthede volgens Genesis 1: 3 en Genesis 1: 14 verwys dat God lig geskape het, behandel. Die eerste twee hoofstukke van die Bybel is huidiglik baie aktueel!


HOOFSTUK 4:

GOD EN DIE HEBREEUSE WOORD                                    

Ek is absoluut oortuig u sal hierdie hoofstuk baie geniet, en besef hoe nou waarhede in die Bybel verweef is. Daar is maar net een woord om dit te beskryf: Verstommend!




DIE BYBEL EN DIE WETENSKAP

VOLUME 2