Gotell
GOTELL BYBELSTUDIE

DIE WOORD AS DIE WAARHEID

KORT SAMEVATTING

Na elke hoofstuk is daar Bybelstudievrae wat bespreek kan word.


HOOFSTUK 1 :

DIE GELOOF VAN ABEL, HENOG EN NOAG.                   

In hierdie hoofstuk word eerstens verduidelik wat geloof volgens die Bybel as die Woord van God is. Dit is werklik insiggewend, en behoort waardevol vir elke Christengelowige te wees. Die drie stadia van geloofsgroei vind ons by die eerste drie gelowiges in Hebreers 11. Hulle is: ABEL – Sy aanbidding deur geloof; HENOG – Sy wandel deur geloof; en NOAG – Sy werke deur geloof.


HOOFSTUK 2 :

WIE IS ONS IN JESUS?                                                             

Dit is ’n kort uiters belangrike studie oor hoe die ouer broer, uit ’n geslag, die jonger broer dien. Dit verwys natuurlik profeties na Jesus Christus. Lees gerus Hebreërs 11: 17 tot 21. Benewens al die wonderlike beloftes van seën, is daar ten minste 10 uitstaande seëninge wat God in Jesus Christus aan sy kerk onder Sy nuwe genadeverbond beloof het. Die inhoud van hierdie studie is vir almal van ons belangrik om te weet, en dit met liefde in die geloof te aanvaar.


HOOFSTUK 3 :

DIE GENADE IN JESUS CHRISTUS                                        

Hier word studie gedoen oor wat genade volgens die Ou Testament teenoor genade volgens  die Nuwe Testament beteken. Daar word ook kortliks by vyf van genade se Godgegewe karaktereienskappe stil gestaan.


HOOFSTUK 4 :

NAME VAN DIE HERE  (VERVOLG)                                                        

In die antieke wêreld het name iets van 'n persoon weergegee. Dus 'n naam het baie betekenis en waarde gehad. Jesus Christus het in Sy oneindige soewereiniteit gekies om Homself in die naam van Jahweh te openbaar. Gevolglik moet 'n mens verwag dat hierdie Naam baie oor die karakter van Jesus sal weerspieël. Ek vertrou u sal baie seën uit hierdie studiestuk put.


JESUS IN DIE OU TESTAMENT

VOLUME 2