Gotell
GOTELL BYBELSTUDIE

DIE WOORD AS DIE WAARHEID

HOOFSTUK 1:

JESUS IN DIE OU TESTAMENT:                                           

Daar is tans, net soos in die verlede, ’n intense aanslag op die Bybel as die Woord van God. In hierdie reeks, wat handel oor Jesus in die Ou Testament, word daar met verstommende konkrete bewyse bevestig dat die Bybel verseker outentiek (gesaghebbend) is. Dit is dan ook die rede hoekom Jesus Christus as die Woord bekend staan.  In hierdie hoofstuk word na verskeie profesië verwys wat oor die koms en bediening van Jesus in vervulling gegaan het, o.a. Sy voorgangers; Sy geboorte en plek van geboorte; die gesindheid van mense teenoor Hom;  Sy verhoor en kruisiging; die gebeure na die kruisiging, ens.


HOOFSTUK 2:

PROFESIË IN DIE GESLAGREGISTERS SE NAME:

Verstommende inligting op ’n eenvoudige, praktiese wyse word hier met lesers gedeel. In Genesis hoofstukke 5; 10, en Genesis 11: 10 tot 32, asook in Mattheus 1 en Lukas 3 vind ons Jesus Christus se geslagregisters. Elke naam in die geslagregister het ’n betekenis. Ek moes dit vanuit die oorspronklike herkoms nagaan. Sommige is vanuit Akadies, Ugarities, Chaldees, Hebreeus, Oud-Arabies en Grieks vertaal. Indien al die name in die geslagsregister van Jesus Christus as die Messias in dieselfde volgorde vertaal en geskryf word, het dit profeties sleutelboodskappe. Net God alleen kon dit so geïnspireer het!


HOOFSTUK 3:  

DIE BETROUBAARHEID VAN DIE WOORD:                         

In hierdie hoofstuk word bewys dat Adam in die tyd van Henog en Metusaleg gelewe het. Drie kragtige getuies van God was dieselfde tyd op die aarde! Henog het sy seun die naam Metusaleg gegee. Dit beteken: ,,Waneer hy sterf, sal dit kom”. In hierdie hoofstuk word deur berekeninge bewys dat die jaar toe Metusaleg gesterf het, het die groot vloed gekom – profeties: ,,Wanneer hy sterf, sal dit kom.” Hierdie hoofstuk is baie insiggewend! Vanuit 7967 teksverse in die Nuwe Testament, is 2606 uit die Ou Testament aangehaal! Waarhede is soos ’n fyn tapeserie baie nou aan mekaar verweef!


HOOFSTUK 4:

DIE NAME VAN DIE MESSIAS WAT GAAN KOM!          

In hierdie hoofstuk word 30 van die name hoe God Homself in die Ou Testament identifiseer, geneem om dit vanuit die Nuwe Testament te bevestig dat Jesus Christus en God Een is.

HOOFSTUK 5:

NOG BEWYSE UIT SEKERE BOEKE IN DIE OU TESTAMENT OOR DIE KOMS EN BEDIENING VAN JESUS AS DIE MESSIAS                                                                          


JESUS IN DIE OU TESTAMENT

VOLUME 1