Gotell
GOTELL BYBELSTUDIE

DIE WOORD AS DIE WAARHEID

INHOUD

KORT SAMEVATTING

Na elke hoofstuk is daar Bybelstudievrae wat bespreek kan word.


HOOFSTUK 1:                         

DIE EERSTE EN LAASTE ADAM                                          

Ons het reeds bevestiging vanuit Genesis 1:1 tot 3 ontvang het dat God hier reg aan die begin Homself as die Drieënige God bekendstel.

In hierdie hoofstuk let ons op na die verskil tussen die Eerste Adam en die Laaste Adam. Let ook op na al die seën wat ons in die Laaste Adam ontvang!


HOOFSTUK 2:

DIE SLUITING VAN DIE VERBOND.                                   

Ons lees vanaf Genesis 15 tot 17 oor die verbond wat God met Abraham gesluit het. Om ’n beter begrip te hê waarom ’n verbond gesluit is, word dit hier kortliks bestudeer wat dit alles behêls, asook die profetiese betekenis van die Abrahamitiese verbond.


HOOFSTUK 3:                                  

NUMERIESE GETALWAARDES                                          

Daar word weinig ’n studie gemaak oor hierdie insiggewende onderwerp insake die getalwaardes van Hebreeuse en Griekse woorde. Anders as in Afrikaans of Engels het elke Hebreeuse en Griekse letter onderskeidelik ’n getalwaarde. In die betrokke tale is daar nie aparte getalle soos bv. 1, 2, 3, 4 ens. nie.  Die numeriese getalwaardes van Hebreeuse en Griekse woorde bevestig egter dat die Bybel absoluut bo verdenke uniek en outentiek is. Hierdie hoofstuk beloof om uiters insiggewend te wees. U sal hierna besef die Bybel is die mees kosbare boek in u besit, en wat enige mens in sy of haar hande kan neem!


DIE VERBOND

VOLUME 1