Copyright © All rights reserved. Made by Evert du Plessis
Daar is tans, net soos in die verlede, ’n intense aanslag op die Bybel as die Woord van God. In Hierdie Bybelstudiemateriaal is absoluut geskik om met ’n medegelowige of groepe te bespreek. Dit handel oor onderwerpe wat baie, baie aktueel is, en waaroor mense meer wil weet, en graag sinvolle gefundeerde inligting soek. Na elke hoofstuk is daar vir Bybelstudie groepe ook vrae wat bespreek kan word!
Vrae soos, ,,Is die Bybel werklik outentiek – gesaghebbend”, duik al meer en meer op. Ek het vir meer as 30 jaar sekere debatte in dagblaaie gevolg. Dit het daartoe bygedra dat ek begin navorsing gedoen het of die Bybel, as Woord van God, antwoorde het op die mees algemene aktuele onderwerpe waarmee die moderne samelewing worstel, en wat selfs tot ernstige twyfel oor die bestaan van God al dan nie, kan lei.
Ek begelei u om die polsende, lewende Woord van God, wat absoluut uniek is, te ontdek.
Die doel van my navorsing is dan ook om die breë Christen-
My bydrae is om skeppingswaarhede vanuit die Bybel te neem, en dit met die lesers op ’n sinvolle manier te deel. In sekere gevalle moes waarhede vanuit die oorspronklike tale, waaruit die Bybel vertaal is, op ’n praktiese, eenvoudige wyse bevestig word.
Indien u ook baie lief is vir die Bybel as die Woord van God, sal u hierdie Bybelstudie materiaal baie interessant en insiggewend vind. Baie vrae met voldoende bewyse sal dan met vertroue beantwoord kan word. Ek het nasionaal ook oor die radio van hierdie onderwerpe aangebied. My gevolgtrekking: Die Bybel is verseker outentiek, en daarom die kosbaarste boek wat ’n mens in jou hande kan neem!
Seënwense, Chris Mostert
MOTIVERING VIR DIE OPSTEL VAN HIERDIE
BYBELSTUDIE MATERIAAL